Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Meester van die Hooggeregshof
Meester van die Hooggeregshof [boodskap #122942] Vr, 28 Desember 2018 19:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Meester van die Hooggeregshof is 'n beampte wat belas is met die toesig en, indien nodig, die versorging van gestorwe en insolventeboedels. Daar is vier Meesters van die Hooggeregshof in Suid-Afrika, een vir elke provinsie, met hul setels in die onderskeie provinsiale hoofstede. Daar is 'n Assistent-meester in Kimberley en sedert 1956 ook in Grahamstad. Die Meester het beheermagte oor eksekuteurs, trustees van insolvente boedels en voogde van minderjariges en kranksinniges. Onopgeëisde geld word aan hom oorbetaal en in die Voogdyfonds gehou.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mees
Volgende onderwerp: Meintjies, Lourens
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:15:29 MGT 2024