Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mazoe-Patrollie
Mazoe-Patrollie [boodskap #122934] Vr, 28 Desember 2018 18:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Mazoe-Patrollie was 'n beroemde gebeurtenis in die Zimbabwiese (Rhodesiese) geskiedenis. Tydens die Matabele-opstand van 1896 is 'n aantal setlaars en amptenare, mans en vroue, wat hoofsaaklik verbonde was aan die Alice-myn naby Mazoe, 27 myl van Harare (Salisbury), afgesny. 'n Waentjie is van Harare (Salisbury) gestuur om die vroue te gaan haal, maar kon nie sy pad deur die vyandelike linies baan nie. Twee telegrafiste, J.L. Blakiston en Routledge, het agtergebly en boodskappe om hulp deurgestuur totdat die drade geknip en hulle vermoor is. Die oorblywendes het die waentjie met sinkplate bedek om die vroue te beskerm, en hulle pad deur die Rebelle oop geveg. 'n Paar van hulle is gedood. Na etlike ure het die Mazoe-geselskap eindelik veiligheid bereik en is hulle na Harare (Salisbury) geneem.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mazoe-Dam
Volgende onderwerp: Mchopi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:09:34 MGT 2024