Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mauch, Carl
Mauch, Carl [boodskap #122931] Vr, 28 Desember 2018 18:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Carl Mauch was 'n Duitse ontdekkingsreisiger. In Stetten in Württemberg gebore. Hy begin sy loopbaan as onderwyser nadat hy ook in Geologie gestudeer het. Hy het in 1858 as gewone matroos die eerste keer in Suid-Afrika aangekom. Hy besoek Transvaal en voorsien die ontginning van goud in die distrik Lydenburg. In 1864 het hy goud op Tati, die hoek waar Botswana (Betsjoeanaland), Transvaal en Matabeleland (in Zimbabwe) bymekaarkom, gevind. Hy het die huidige Zimbabwe (Rhodesië) deurreis en die teenwoordigheid van goud aangemeld. Hy het sy merkwaardigste voorspelling in 1867 gemaak toe hy verklaar het dat 'n reuse-goudveld eendag aan die Witwatersrand ontdek sou word. Mauch was een van die eerste blankes wat die Zimbabwe- bouvalle besoek het. Ontberings in Suid-Afrika het sy gesondheid geruïneer. In 1875 is hy op 38-jarige leeftyd oorlede nadat hy per ongeluk deur 'n venster in Stuttgart, Duitsland, geval het.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Matubatuba
Volgende onderwerp: Mazabuka
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:34:58 MGT 2024