Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Matabeles
Matabeles [boodskap #122919] Vr, 28 Desember 2018 07:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Matabeles is 'n naturellestam wat hoofsaaklik in Zimbabwe (Rhodesië) woon. Meer korrek, Amandebele, wat 'hulle wat verdwyn' beteken. Oorspronklik 'n vertakking van die Zoeloevolk. Hulle oorsprong kan teruggespoor word na die opstand van hulle leier Silkaats. Nadat hy in 1817 deur Tsjaka in bevel geplaas is, het hy na 'n suksesvolle strooptog nie sy regmatige hulde aan Tsjaka betuig nie. Tsjaka het onmiddellik 'n strafekspedisie uitgestuur om hom en sy volgelinge uit te wis, maar Silkaats vlug oor die Drakensberg. Daar het hy begin om die inwoners van die gebied, nou bekend as die Oranje-Vrystaat en Transvaal, stelselmatig uit te moor. In 1836 bots hy met die Voortrekkers en word hy verslaan by Vegkop en Mosega. Uiteindelik het hy die Limpopo oorgesteek en sy volgelinge daar gevestig as die Matabele. Daarna is hulle erken as die vernaamste militêre mag in dié deel van Sentraal-Afrika met die Masjonas as hulle diensknegte. Na die dood van Silkaats in 1868 het die mag oorgegaan in die hande van sy seun, Lobengula. Hulle militêre mag is finaal gebreek na die Matabele-oorlog van 1893, ten spyte van 'n gepoogde herlewing daarvan in die Matabele-opstand van 1896-97. Sedertdien het hulle in vrede geleef. Lobengula se familie bestaan nog, maar daar is geen erkende opperhoof nie. Teen die 1960's was daar nagenoeg 500,000 Matabeles.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Matabele Thompson
Volgende onderwerp: Matanzima, Stamhoof Kaizer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:45:58 MGT 2024