Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Matabele Thompson (Francis Robert Thompson)
Matabele Thompson [boodskap #122918] Vr, 28 Desember 2018 07:28
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Matabele Thompson (bynaam vir Francis Robert Thompson) was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) pionier en konsessionaris. In 1857 in Port Elizabeth gebore. Hy begin sy lewe op die Diamantveld, vestig hom op 'n plaas aan die noordgrens, maar laat vaar dit nadat sy vader deur naturelle vermoor is. Hy het in Betsjoeanaland gewoon toe Rhodes hom gevra het om die kampongstelsel in Kimberley te organiseer. Terwyl hy in die vroeë Johannesburg gewerk het, is hy vanweë sy invloed oor die naturelle deur Rhodes gekies om Lobengula te besoek. Hy het van hom die geskiedkundige konsessie verkry waarop die oktrooi gebaseer is. Was van 1895 tot 1903 lid van die Kaapse Parlement en is oorlede in 1927.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Matabele-opstand
Volgende onderwerp: Matabeles
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:39:56 MGT 2024