Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Matabele-opstand
Matabele-opstand [boodskap #122917] Vr, 28 Desember 2018 07:23
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Matabele-opstand, ook bekend as die Tweede Matabele-oorlog of die Eerste Chimurenga (bevrydingstryd), was 'n koloniale oorlog tussen die British South Africa Company en die Matabele en Shona van Rhodesië in die teenwoordige Zimbabwe.

Met die koms van die jare 1890 het die kolonisasie van Zimbabwe (destyds Rhodesië) so bevredigend gevorder dat die uitbreek van 'n opstand die meeste koloniste verras het. Op 20 Maart 1896 is 141 blankes in Matabeleland vermoor en op 14 Junie nog 103 in Masjonaland. Onder die groot heldedade was dié van die Mazoe-patrollie. In Bulawayo, Salisbury (nou Harare) en elders het die inwoners laers getrek. Die onderdrukking van die rebelle was besonder moeilik selfs nadat troepe onder kolonel Plumer (later veldmaarskalk) van die Kaap gestuur is, en ander onder sir Frederick Carrington. Ná die terugtrekking van die Matabeles na die Matopovesting sou die gevegte waarskynlik onbeperk aangehou het, was dit nie vir die dapperheid van Cecil John Rhodes, wat, vergesel van dr. Hans Sauer, Johann Colenbrander, Vere Stent en twee naturelle, Jan Grootboom en Makunga, die vyand se vesting ongewapen binnegestap en hulle eindelik oorreed het om die wapens neer te lê nie. Die gevegte is, na 'n jaar in Oktober 1897, beëindig nadat nagenoeg 62 blankes gedood en 139 gewond is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Matabele-Oorlog
Volgende onderwerp: Matabele Thompson
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:53:06 MGT 2024