Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Masupha
Masupha [boodskap #122915] Vr, 28 Desember 2018 07:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Masupha was die Basoeto-opperhoof. Derde seun van Mosjesj. Hy kom eers in 1853 op die voorgrond toe hy die opperhoof, Sikonyela, aangeval het. Hy het 'n oorlogsugtige en rustelose geaardheid gehad, en in 1858 het hy Pondoland binnegeval, maar is verslaan. Sy vader het beheer oor hom verloor en hy het verskeie strooptogte op eie houtjie uitgevoer. Toe Mosjesj oorlede is, het sy seun, Letsie, sy houvas op die regeringsetel by Thaba Bosego verloor en sy plek is deur sy broer, Masupha, ingeneem. In die Geweeroorlog in 1880 was Masupha een van die belangrikste leiers van die Basoeto-weerstandsbeweging en is die Britse regeringshoofkwartier op Maseru aangeval. Hy het met sy weerstand voortgegaan, maar is uiteindelik oorreed om die jurisdiksie van 'n magistraat te aanvaar. Hy raak dikwels betrokke in geskille met naburige kapteins en tree uittartend op teenoor die koloniale regering. In 1897 maak hy weer oorlog teen Lerotholi wat hom by die owerheid geskaar het. Hy word verslaan en is 'n paar maande later oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Massekessi-Insident
Volgende onderwerp: Matabele-Oorlog
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:37:41 MGT 2024