Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Massekessi-Insident
Massekessi-Insident [boodskap #122914] Vr, 28 Desember 2018 07:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Massekessi-Insident (ook Macequece en Masse-Kasse gespel) was 'n diplomatieke krisis wat ontstaan het tussen die Britse en Portugese owerhede oor die grens tussen Mosambiek en die gebied wat later Suid-Rhodesiƫ (nou Zimbabwe) geword het. Die owerheid in Lissabon het Manicaland onder jurisdiksie van die Portugese kroon geplaas. Dit is betwis deur die British South African Company, wat in 1891 'n fort op Massekessi aan die oostelike grens opgerig het. Die Portugese troepe het hulle uitgedryf en 'n mag onder kaptein, later sir Melville Heyman is gou op die been gebring vir 'n teen-offensief. Op 14 Mei is die Union Jack weer gehys. Sien Macequece.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mason, Sir Arthur Weir
Volgende onderwerp: Masupha
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:55:46 MGT 2024