Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Masjona
Masjona [boodskap #122912] Vr, 28 Desember 2018 05:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Masjona is 'n naturellestam in Zimbabwe (Rhodesiƫ). Van hulle oorsprong is min bekend, maar daar word vermoed dat hulle so ver terug as die 16de eeu 'n groot deel van hulle huidige gebied bewoon het. Hulle was 'n vredeliewende volk en bekend vir hulle vaardigheid in ysterwerk en in die handel. Hulle het in die riviere goud gesoek en het matte vervaardig wat hulle aan ander stamme verkoop het. Omstreeks 1840 is die land binnegeval deur die Matabeles wat die Masjonas op groot skaal uitgemoor het en die oorblywendes die heuwels in gejaag het. Daar het hulle in vestings tussen die kranse gewoon. Die Matabeles het ook slawe van baie van hulle gemaak. Met die koms van die Pioneer Column in 1890, is die Masjonas sonder veel moeite onderwerp, maar die Matabeles het nog strooptogte op hulle uitgevoer. In 1895 het hulle by die Matabeles aangesluit in die opstand teen die Engelse. Vandag is hulle hoofsaaklik bedrywig in die landbou en in die nywerheid.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mashukulumbwe
Volgende onderwerp: Mason, Sir Arthur Weir
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:48:03 MGT 2024