Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Marques, Kaptein Lourenço
Marques, Kaptein Lourenço [boodskap #122905] Vr, 28 Desember 2018 04:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Kaptein Lourenço Marques was 'n Portugese handelaar en ontdekkingsreisiger. In 1501 het hy João da Nova vergesel op 'n ekspedisie wat Delagoabaai ontdek het. Later, in 1545, is hy deur Dom George Teles de Meneses, goewerneur van die vesting van Mosambiek, in 'n pinas gestuur om die kus onderkant Kaap Corrientes te ondersoek. Die nedersetting, wat uiteindelik die stad Lourenço Marques (tans Maputo) geword het, is na hom vernoem.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Marquard
Volgende onderwerp: Marracuene
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:49:12 MGT 2024