Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Marmer
Marmer [boodskap #122902] Vr, 28 Desember 2018 04:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Onverwerkte marmer.
Onverwerkte marmer.
Marmer is gemetamorfoseerde kalksteen. Dit vorm as kalksteen (wat meestal uit die mineraal kalsiet bestaan) onder groot hitte en druk in die aardkors herkristalliseer. Die kleure en patrone in marmer is vanweë onsuiwerhede in die kalksteen wanneer die kalsiet herkristalliseer. Kleure kan wissel van sneeuwit tot wit met are wat rooi, pienk, groen, geel, bruin of grys kan wees.

Groot neerslae word by Marble Hall, Transvaal, ontgin. Onder Duitse bewind is marmer uit die Karibib-klipgroewe in Namibië (Suidwes-Afrika) uitgevoer. Naby Port Shepstone aan die Natalse Suidkus is ook waardevolle marmerneerslae.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Marlyn, Herschel se
Volgende onderwerp: Maroela
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:19:11 MGT 2024