Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Maritz, Gerhardus Marthinus
Maritz, Gerhardus Marthinus [boodskap #122897] Do, 27 Desember 2018 19:45
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Gerhardus Marthinus Maritz was 'n Voortrekkerleier na wie Pietermaritzburg vernoem is. In 1798 naby Graaff-Reinet gebore. Na 'n goeie skoolopleiding het hy die wamakersbedryf beoefen. Hy sluit in 1836 aan by die trekgeselskap van Graaff-Reinet, gaan na die huidige Oranje-Vrystaat en word op 2 Desember 1836 verkies tot President van die Burgerraad. Die volgende jaar was hy saam met A. Hendrik Potgieter in bevel van die strafkommando wat gestuur is teen Silkaats en sy Matabelekrygsmanne. Hoewel die sending suksesvol was, het verskille opgeduik en Maritz sluit aan by Pieter Retief op sy trek oor die Drakensberg na Natal.

Na die moord op Retief, word hy gekies as leier van die kommando teen die Zoeloes, maar tree terug ten gunste van Potgieter. As gevolg van die ontberings wat hy in die oorlog verduur het, word hy siek en is in 1839 oorlede. Ter ere van hom en van Pieter Retief is die nuut-gestigde hoofstad van die Republiek van Natalia Pietermaritzburg genoem.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Maritz, Generaal Salomon Gerhardus (Manie)
Volgende onderwerp: Marks, Senator Samuel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:51:57 MGT 2024