Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Maritz, Generaal Salomon Gerhardus (Manie)
Maritz, Generaal Salomon Gerhardus (Manie) [boodskap #122896] Do, 27 Desember 2018 19:43
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Salomon Gerhardus (Manie) Maritz was 'n Suid-Afrikaanse soldaat en rebel. In 1876 gebore en veg saam met die Boeremagte in die Tweede Vryheidsoorlog. Hy onderskei homself met sy dapperheid in Natal. In 1900 veg hy onder generaal De Wet tydens sy invalle in die Kaapkolonie. Later is hy bedrywig in Noordwes-Kaapland, organiseer die opstand in die distrik Kenhardt en beset die dorp Springbok net voor die ondertekening van die vrede. Hy gaan na Europa en keer terug ná Uniewording. Toe die Unieverdedigingsmag in 1912 gestig is, is hy as stafoffisier aangestel en naby Upington gestasioneer. As sulks het hy in 1914 geweier om deel te neem in die veldtog teen die Duitsers. Toe die Unie se magte onder generaal Botha Suidwes verower het, het hy die grens oorgesteek na Angola en later na Portugal en Spanje gegaan. Hy het 'n aantal jare in Europa gebly totdat hy in 1923 teruggekeer het en verhoor is vir sy deelname aan die Rebellie. Hy is in 1924 gevonnis. Met die bewindaanvaarding van Generaal Hertzog is hy vrygelaat. Hy het toe in Suidwes-Afrika (nou Namibië) gaan boer, maar sy belangstelling in die politiek het weer opgevlam na die opkoms van die Nazis. Hy het met sy eie anti-Semitiese en pro-Fascistebeweging begin. In Desember 1940 is hy in 'n motorongeluk naby Pretoria gedood.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Marioneiland
Volgende onderwerp: Maritz, Gerhardus Marthinus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:45:23 MGT 2024