Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Marioneiland
Marioneiland [boodskap #122895] Do, 27 Desember 2018 19:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Marioneiland is 'n klein eiland wat nagenoeg 1,200 myl suidoos van Kaapstad in die Antarktiese see geleë is, en op 4 Januarie 1948 by die Unie ingelyf is deur 'n ekspedisie wat deur die Suid-Afrikaanse skip, die Transvaal vervoer is. Prince Edward-eiland, 13 myl daarvandaan is op soortgelyke wyse beset. Hoewel die eilande vroeër besoek is en reeds in 1873 deur die beroemde opmetingskip, die H.M.S. Challenger, te kaart gestel is, is hulle nog nooit permanent gebruik nie. Die doel van die Suid-Afrikaanse besetting was om 'n weerstasie daar op te rig. Dit word steeds op Marioneiland in stand gehou deur weerkundiges wat jaarliks afgelos word.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Marine Diamond Corporation Limited
Volgende onderwerp: Maritz, Generaal Salomon Gerhardus (Manie)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:01:25 MGT 2024