Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Marine Diamond Corporation Limited
Marine Diamond Corporation Limited [boodskap #122894] Do, 27 Desember 2018 19:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Marine Diamond Corporation Limited was 'n maatskappy wat op 15 Junie 1961 met 'n kapitaal van R10,000,000 (£5,000,000) in Namibië (destyds Suidwes-Afrika) gestig is vir die herwinning van diamante van die seebodem. Die werk het in Oktober 1961 begin onder S.V. Collins saam met sekere maatskappye deur hom beheer en ander belange. 'n Sleepboot van 759 ton, toegerus vir prospekteerwerk en verwerking, het die eerste stene op 15 November in Wolfbaai besuide Lüderitz gevind en op 9 Desember 45 sierdiamante van altesaam 8-96 karaat na Kaapstad gebring. Verdere prospekteerwerk langs die Suidwes-Afrikaanse kus is met sukses bekroon. In Augustus 1962 is "Barge No. 77" in gebruik geneem in die Chameis-gebied. Hierdie 'drywende myneenheid', wat 165 by 45 by 10 voet groot was, was toegerus met 'n 12-duim lugpomp en kon 'n personeel van 56 huisves. Teen Junie 1963 het dit byna 52,000 karaat, wat 116,369 diamante verteenwoordig, herwin, maar op 1 Julie 1963 het dit in 'n storm gestrand en verlore geraak. 'n Nuwe eenheid, "Barge 3" het binne 80 dae begin werk en die suksesvolle program voortgesit. 'n Selfaange-drewe eenheid, "Diamantkus", het op 1 Augustus 1963 van die Verenigde State aangekom met groter toerusting en op 8 Januarie 1964 begin werk. Verskeie ander vaartuie is sedertdien verkry. Teen 31 Januarie 1964 was die produksiewaarde R 1,435,000. Onder die ander maatskappye wat naby dieselfde kus gewerk het, is een wat deur die internasionale oliemagnaat, Paul Getty, beheer is. Sien ook Diamantnywerheid in Suidelike Afrika.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Marikana
Volgende onderwerp: Marioneiland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:21:53 MGT 2024