Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Marais, Johannes Henoch
Marais, Johannes Henoch [boodskap #122881] Do, 27 Desember 2018 17:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Johannes Henoch Marais was 'n Suid-Afrikaanse magnaat en filantroop. Op 8 September 1851 op Coetzenberg, naby Stellenbosch, gebore. Hy begin sy loopbaan as boer maar na die ontdekking van diamante langs die Vaalrivier gaan hy noordwaarts en maak 'n groot fortuin in Kimberley. In 1892 keer hy na Coetzenberg terug en ontwikkel hierdie plek besonder suksesvol. In 1899 word hy tot lid van die Kaapse Parlement verkies waar hy die Afrikanerbond verteenwoordig. Daarna bly hy 'n sterk ondersteuner van die Nasionaliste-aspirasies en steun hy die Afrikaner se saak deur £100,000 (R200,000) vir hoër onderwys op Stellenbosch na te laat. Dit is bemaak aan die Universiteit van Stellenbosch wat op 2 April 1918 ontstaan het. Oorlede in 1915.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Marais, Eugene Nielen
Volgende onderwerp: Marais, Johannes Stephanus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:16:24 MGT 2024