Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Marais, Eugene Nielen
Marais, Eugene Nielen [boodskap #122880] Do, 27 Desember 2018 17:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Eugene Nielen Marais was 'n Afrikaanse skrywer. In 1872 naby Pretoria gebore en ontvang opleiding in die Paarl. Hy word 'n medewerker van De Volksstem. Nadat hy op die redaksies van die Krugergesinde Engelse koerant, The Press, in Pretoria, en The Observer gedien het, is hy in 1892 aangestel as redakteur van Land en Volk. Hier, en as korrespondent van die Times in Londen, het hy buitengewone talent as skrywer geopenbaar, maar in 1898 het hy besluit om sy loopbaan te verander. Hy het na Engeland gegaan waar hy in die medisyne gestudeer en later na die regte oorgeskakel het. Na opwindende avonture in die Tweede Vryheidsoorlog het hy hom etlike jare lank in die wildernis van die Waterberg gevestig waar hy 'n uitstaande vermoë as 'n student van die dierelewe, by uitstek bobbejane en miere, ontwikkel het. In 1917 het hy as advokaat na Pretoria teruggekeer en daar gepraktiseer totdat swak gesondheid in 1921 hom genoodsaak het om prokureur te word, eers op die Transvaalse dorpie, Erasmus, en later in Heidelberg tot 1927. In hierdie tyd het hy al 'n groot verskeidenheid klassieke werke in Afrikaans geskryf - poësie, dramas en natuurgeskiedenis. Sy Burgers van die Berge is in Engels vertaal onder die titel, My Friends the Baboons, en het, soos sy Soul of a White Ant, (oorspronklik Die Siel van die Mier) groot welslae behaal, laasgenoemde is terloops grotendeels deur Maurice Maeterlinck oorgeneem in sy soortgelyke Vlaamse boek oor miere. Oorlede in 1936.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Maraboe
Volgende onderwerp: Marais, Johannes Henoch
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:32:54 MGT 2024