Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mapungubwe
Mapungubwe [boodskap #122877] Do, 27 Desember 2018 17:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mapungubwe is 'n groep bouvalle in Noord-Transvaal op die kruin van 'n afgesonderde heuwel naby die Limpoporivier. Die woord 'Mapungubwe' beteken 'Heuwel van Jakkalse'. Op 31 Desember 1932 het 'n boer, E.S.J. van Graan, vergesel van sy seun 'n nuwe roete na die kruin van die heuwel ontdek waar hy benewens 'n aantal bouwerke ook 'n aansienlike hoeveelheid pragtige en waardevolle goue ornamente gevind het. Dit het aanleiding gegee tot nog 'n ekspedisie wat die Regering beweeg het om die hele gebied amptelik onder sy beskerming te plaas. Mapungubwe en Zimbabwe het vermoedelik dieselfde oorsprong.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mapumulo
Volgende onderwerp: Marabastad
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:24:58 MGT 2024