Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mantatisi
Mantatisi [boodskap #122875] Do, 27 Desember 2018 17:15
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mantatisi was 'n vroulike opperhoof en Bantoeveroweraar. Sy het in 1823 as leier van die Batlokuastam op die voorgrond getree. Sy het oor besondere militêre gawes beskik en het groot hordes krygsmanne georganiseer wat die naburige stamme feitlik geheel en al uitgewis het. Net soos Tsjaka het haar naam vrees ingeboesem. Sy was verantwoordelik vir die ontvolking van die grootste deel van die huidige Transvaal en Oranje-Vrystaat. Ter ere van haar het die stam bekend gestaan as Mantaties. Min is oor haar persoonlik bekend; sy was die moeder van hoofman Sikonyela, met wie Piet Retief onderhandel het. Sy is omstreeks 1830 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mansvelt, Doktor Nicolaas
Volgende onderwerp: Mapumulo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:19:41 MGT 2024