Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mansvelt, Doktor Nicolaas
Mansvelt, Doktor Nicolaas [boodskap #122874] Do, 27 Desember 2018 17:14
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Doktor Nicolaas Mansvelt was die eerste Superintendent-generaal van Onderwys in Transvaal. In 1852 in Wassenaar, Holland, gebore. Hy bekwaam hom as onderwyser en in 1874 ontmoet hy die beroemde Nederduitse Gereformeerde predikant van Suid-Afrika, J. Lion Cachet, wat weer 'n besoek gebring het aan sy geboorteland. Dit loop uit op Mansvelt se aanstelling op die personeel van die Gimnasium-seunskool op Stellenbosch. Hy begin belang stel in en skryf oor Afrikaans en word in 1890 aangestel as sekretaris van die nuwe S.A. Taalbond. Hy word die jaar daarop na Pretoria gestuur as Superintendent-generaal van Onderwys. Hy herorganiseer die hele stelsel en begin met die plaaslike opleiding van onderwysers. Met die beset van Transvaal in die Tweede Vryheidsoorlog het hy bedank en na Holland teruggekeer waar hy in 1933 oorlede is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Manica
Volgende onderwerp: Mantatisi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:10:49 MGT 2024