Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mangaan
Mangaan [boodskap #122872] Do, 27 Desember 2018 17:10
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mangaan is 'n mineraal wat in die vervaardiging van staal ens. gebruik word. Die Postmasburg-Kuruman-gebied van Noord-Kaapland, wat verskeie honderd-miljoen ton erts bevat, is die belangrikste bron in Suidelike Afrika. In die algemeen is die erts hard en bestand teen hantering en vervoer sonder om te krummel. Die mangaaninhoud wissel van 30 tot 50 persent met van 5 tot 30 persent yster, ongeveer 8 persent silika en laegraadse fosfor. In Transvaal en Suid-Kaapland word alluviale en splytvervangings-neerslae ontgin - eersgenoemde vir die laegraadse vereistes van die uraan-herwinningsinstallasies. 'n Klein hoeveelheid van 40 - 50 Mn-graad word van albei gebiede uitgevoer.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mandeni
Volgende onderwerp: Manica
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:19:41 MGT 2024