Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mandela, Nelson Rolihlahla (Nelson Mandela)
Mandela, Nelson Rolihlahla [boodskap #122870] Do, 27 Desember 2018 07:05
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Nelson Mandela
Nelson Mandela
Mandela, Nelson Rolihlahla was 'n Bantoe politieke leier en die president van Suid-Afrika. Hy is in 1918 in die destydse Transkei gebore en was die seun van hoofman Henry Mandela. In 1942 bekwaam hy hom in die regte. In 1944 sluit hy aan by die African National Congress en speel 'n leidende rol in die versetbeweging teen die Regeringsbeleid. In 1952 is hy ingeperk tot die landdrosdistrik van Johannesburg ingevolge die Wet op die Onderdrukking van Kommunisme. In 1956 is hy aangekla van hoogverraad, maar is vrygespreek. In 1964 was hy een van die beskuldigdes in die Rivonia-verhoor. Hy het skuld erken op 'n aanklag dat hy 'n poging aangewend het om 'n burgeroorlog te ontketen en 'n inval beplan het. Hy is aanvanklik lewenslange gevangenisstraf opgelê wat hy op Robbeneiland uitdien het. Mandela is later kwytskelding van sy vonnis aangebied, mits hy bereid was om geweld afsweer, maar hy het dit telkens van die hand gewys.

Mandela is uiteindelik na 27 jaar se tronkstraf vrygelaat. In 1993 deel hy die Nobelprys vir Vrede saam met F.W. de Klerk en in 1994 word hy die eerste staatshoof van 'n volledig demokratiese Suid-Afrika. Hy is in 1999 deur Thabo Mbeki as staatshoof opgevolg en is op 5 Desember 2013 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Manatoka
Volgende onderwerp: Mandeni
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:01:46 MGT 2024