Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mamba (Dendraspis angusticeps)
Mamba [boodskap #122866] Do, 27 Desember 2018 07:01
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
/fa/88/0/
Die Mamba (Dendraspis angusticeps) is 'n besonder giftige slang wat in die digbegroeide dele dwarsdeur Natal, Zoeloeland en Oos-Transvaal aangetref word. Groenmambas word omtrent 9 voet lank en aard in klimopbegroeide bosdele - dié wat hulle in sonniger dele hou het 'n donkerder skakering. Paring vind plaas tussen groen en swart soorte en die jong broeisel is soms groen en soms swart. Die swartmamba aard beter in oop landskap en word 12 voet lank en langer. Kleur in slange is gewoonlik raaiselagtig, maar dit hang blykbaar af van die dieet, sonlig, en omgewingskleure. Dieselfde soorte wissel soms in kleur. Nog 'n soort, 8 voet lank, word Gough-mamba (dendraspis mamba) genoem, en is in 1910 in Transvaal ontdek. Die gif van hierdie slange word as die mees gevreesde van almal in Suid-Afrika beskou. Die dood kan binne enkele minute intree. Sien Slange.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Malvern, Burggraaf
Volgende onderwerp: Mambone
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:16:31 MGT 2024