Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Malvern, Burggraaf (Sir Godfrey Huggins)
Malvern, Burggraaf [boodskap #122865] Do, 27 Desember 2018 06:58
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Godfrey Martin Huggins (amptelik burggraaf Malvern) was die Eerste Minister van Suid-Rhodesië (Zimbabwe) en van die Sentraal-Afrikaanse Federasie. In 1883 in Engeland gebore en ontvang opleiding aan Malvern College. Hy studeer in die medisyne en kwalifiseer aan die St. Thomas-hospitaal, Londen. Hy emigreer in 1911 na Suid-Rhodesië waar hy as chirurg naam maak. Hy gaan voort met sy praktyk selfs nadat hy toegetree het tot die politiek. In 1923 word hy tot die Wetgewende Raad verkies en in 1933 word hy Eerste Minister en Minister van Naturellesake, poste wat hy vir rekordtydperke behou het - eersgenoemde tot 1953 en laasgenoemde tot 1949. Met die stigting van die Federasie word hy die eerste Premier. Hy tree in 1956 af en word terselfdertyd tot die adelstand verhef.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Malva, Wilde
Volgende onderwerp: Mamba
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:23:22 MGT 2024