Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Malmesbury
Malmesbury [boodskap #122860] Do, 27 Desember 2018 06:47
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Malmesbury is 'n dorp in Wes-Kaapland; sentrum van die distrik wat bekend staan as die Swartland, soos die oorspronklike nedersetting lank bekend was. Dit was reeds in die dae van die vroeë Hollandse nedersetting bekend vanweë sy warmswawelbronne wat nog in gebruik is, en sy vrugbare grond. Die Swartland is een van die beste koringdistrikte in Suid-Afrika. Die eerste kerk en badhuis (badplaas) is in 1745 opgerig, maar die werklike groei het begin nadat goewerneur sir Lowry Cole in November 1828 'n nuwe dorp uitgelê het en dit in 1829 na sy skoonvader, die Graaf van Malmesbury, vernoem het. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 8,206 (3,479 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Mali-Dyk
Volgende onderwerp: Malmesbury-Aksent
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:46:34 MGT 2024