Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Malherbe, Daniel Francois
Malherbe, Daniel Francois [boodskap #122858] Do, 27 Desember 2018 06:44
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Daniel Francois Malherbe was 'n Afrikaanse digter en romanskrywer. Op 28 Mei 1881 in die Paarl gebore. Seun van die stigter van Die Genootskap van Regte Afrikaners. Na sy studies op Stellenbosch en in Duitsland het hy onderwys gegee op op Carnarvon, Kaapland, en in 1909 is hy in Bloemfontein aangestel as professor in Moderne Tale. In 1912 word hy die eerste professor in Afrikaans. As een van die grootste kampvegters van Afrikaans het hy woordelyste, spreekwoorde en baie ander stof versamel en was redakteur van die Tydskrif Vir Wetenskap en Kuns. Hy skryf ook dramas en historiese romans.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Malgas
Volgende onderwerp: Mali-Dyk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:33:59 MGT 2024