Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Maleiers, Kaapse
Maleiers, Kaapse [boodskap #122855] Do, 27 Desember 2018 06:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Die Kaapse Maleiers is 'n gemeenskap van Oosterse, meesal Maleise oorsprong, in en om Kaapstad, waar 'n groot deel die "Maleierbuurt" teen die hange van Seinheuwel bewoon. Hulle voorvaders is as slawe na die Kaap gebring deur die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie. Die eerste groep het in 1667 aangekom. Later het 'n aantal politieke bannelinge van Maleia, in besonder Sjeik Joseph, hier geland. Betreklik min vermenging met ander rasse het plaasgevind en hulle bly toegewyde Moslems, bekend vir hulle wetsgehoorsame karakter en hoë morele standaard. As vakmanne spesialiseer hulle as perdeversorgers, koetsiers, vissers, kleremakers, meubelmakers en kuipers. Hulle hou hulle nog by baie ou gewoontes en sing hulle melodieuse liedere - byna die enigste vorm waarin hulle taal nog behou gebly het. Vandag praat hulle Afrikaans en Engels. Professor Van Selms van Pretoria het godsdienstige boeke ontdek wat reeds in die 18de eeu vir hulle in Konstantinopel in Arabiese skrif gedruk is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Malcolm, Sir Dougal Orme
Volgende onderwerp: Maleis-Portugees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:26:22 MGT 2024