Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Malawi (Njassaland)
Malawi [boodskap #122853] Do, 27 Desember 2018 06:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Malawi (vroeër Njassaland) is 'n staat in Sentraal-Afrika. Die hoofstad is Zomba. Tabak, tee, katoen en tropiese en half-tropiese produkte is die belangrikste bedrywe. 'n Deel van die land se inkomste word ook verkry uit toeriste wat gelok word deur die skilderagtige Njassa-meer en deur die skoonheid van die Mlanjebergreeks - die sentrale kenmerk van die hoë plato. Van sy oppervlakte van 45,747 vk. myl, word meer as 'n kwart, 12,298 vk. myl, beslaan deur die die Njassa-meer. Die land self is 520 myl lank en wissel in breedte van 50 tot 100 myl. Sy hoogte wissel van 200 voet bokant seespieël in die Shire-vallei tot 1,500 voet by die Malawi-meer, 3,500 tot 4,000 voet op die plato en 9,843 voet by Mlanje.

Die land is oorspronklik deur slawehandelaars geteister, maar is later vir blanke nedersetting geskik gemaak deur sendelinge van die Skots-Presbiteriaanse en Rooms-Katolieke Kerke. Gedurende die jare 1890 het mnr. (later sir) Harry H. Johnston daarin geslaag om met behulp van 'n mag, wat gedeeltelik uit Indiese troepe bestaan het, 'n einde te maak aan die slawehandel. Nadat geskille met die Portugese owerhede besleg is, het Njassaland in 1891 'n Britse protektoraat geword onder die naam Brits-Sentraal-Afrika. In 1904 is Koloniale Bestuur aanvaar en sedertdien was daar gestadige ontwikkeling, onder meer die bou van die Shire Highlands-spoorlyn ens. In 1965 is daar met die werk begin aan die verlenging van die Mosambiekse spoorwegaansluiting na Villa Cabral naby die Malawi-meer. Onder die onafhanklikheid grondwet van 1964 was Malawi 'n monargie met Koningin Elizabeth II as hoof. Daar was 'n Nasionale Vergadering of Parlement van 53 lede waarvan drie destyds deur die blanke kiesers verkies is.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Malaria
Volgende onderwerp: Malcolm, Sir Dougal Orme
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:28:27 MGT 2024