Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Malaria (Moeraskoors)
Malaria [boodskap #122852] Do, 27 Desember 2018 06:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Malaria of moeraskoors is 'n siekte wat deur muskiete versprei. Die parasitiese siekte word hoofsaaklik in die trope aangetref. Miljoene mense doen dit jaarliks op en dit lei tot talle sterftes.

In Suidelike Afrika word hierdie siekte al hoe vinniger uitgewis danksy nuwe mediese middels. Voorsorgmaatreëls moet egter nog in sekere dele van die Laeveld, Noord- en Oos-Transvaal getref word asook in gebiede in Zimbabwe (Rhodesië) wat laag geleë is, soos die Sabie-vallei. Dit is ook algemeen in sekere gebiede van Zambië en Malawi. Voorrade mediese middels word gratis deur die Regering versprei. In die Republiek is baie navorsing deur die Departement Gesondheid gedoen. Enige jare gelede is die dienste van 'n oorsese deskundige, professor Swellengrebel, verkry, en 'n stelselmatige proses word uitgevoer deur die olietoediening van waterpoele waar malariamuskiete broei. Soortgelyke maatreëls word in Malawi en Zimbabwe (Rhodesië) toegepas.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Malan, Francois Stephanus
Volgende onderwerp: Malawi
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:09:26 MGT 2024