Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Malan, Francois Stephanus
Malan, Francois Stephanus [boodskap #122851] Do, 27 Desember 2018 06:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Francois Stephanus Malan was 'n Suid-Afrikaanse staatsman. In 1871 naby Wellington, Kaapland, gebore. Ontvang skoolopleiding in die Paarl. In 1892 verwerf hy sy graad aan die Victoria-Kollege, Stellenbosch, voordat hy na Cambridge gaan om hom as advokaat te bekwaam. Hy begin in 1895 in Kaapstad praktiseer en word redakteur van Ons Land. Was mededinger van Rhodes en 'n ondersteuner van die Afrikanerbond. In 1900 word hy Parlementslid vir Malmesbury, maar word gevonnis tot tronkstraf as gevolg van beweerde opruiende artikels wat in sy koerant verskyn het. Al hoe meer gekoppel aan die Afrikanersaak, het Malan in 1908 die aanbod as Kaapse Premier van die hand gewys, maar word Minister van Landbou. Hy speel 'n leidende rol by die Nasionale Konvensie en het herhaaldelik in die Unie-Kabinet gedien. As 'n beskermheer van die Nasionale Monumentekommissie, die Afrikaanse Akademie en ander belangrike liggame, het hy groot aansien geniet. Hy het 'n dagboek van die Nasionale Konvensie geskryf wat deur die Van Riebeeckgenootskap gepubliseer is. Oorlede in 1941.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Malan, Dr. Daniel Francois
Volgende onderwerp: Malaria
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:08:18 MGT 2024