Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Malan, Dr. Daniel Francois
Malan, Dr. Daniel Francois [boodskap #122850] Do, 27 Desember 2018 06:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Dr. Daniel Francois Malan was die Eerste Minister van die Unie van Suid-Afrika. Op 22 Mei 1874 naby Riebeeck-Wes, Kaapland, gebore. Generaal J.C. Smuts, sy lewenslange opponent, was 'n jeugmaat van hom en die twee het selfs op 'n sekere stadium dieselfde skool besoek. Hy studeer vir Nederduitse Gereformeerde predikant aan die Victoria-Kollege, Stellenbosch, en ontvang in 1905 sy doktoraal in Teologie aan die Universiteit van Utrecht in Holland met 'n tesis oor die filosofie van biskop Berkeley. Hy was predikant op Montagu en Graaff-Reinet en onderneem in 1913 'n sendingtoer deur Rhodesië (nou Zimbabwe) en die Belgiese Kongo. Hy skryf 'n kort boek, Na Congoland, wat hieroor handel. Hy was 'n kragtige ondersteuner van Afrikaneraspirasies en was een van generaal Hertzog se eerste volgelinge. Dr. Malan word in 1915 aangestel as redakteur van Die Burger toe die koerant die eerste amptelike nuusblad van die Nasionale Party word. Hy tree toe tot die Parliament en maak gou naam as logiese en kragtige spreker. Toe generaal Hertzog in 1924 aan bewind kom, het hy Minister van Binnelandse Sake geword. In die Kabinet het hy groot invloed uitgeoefen en sy departement is besonder goed bestuur. Hy het egter geweier om generaal Hertzog te steun toe dié besluit het om in 1933 met generaal Smuts saam te smelt. Dr. Malan het gou daarna begin met sy eie 'gesuiwerde' Nasionale organisasie wat van krag tot krag gegaan het totdat dit in 1948 die Verenigde Party verslaan het. Dr. Malan het Eerste Minister en Minister van Buitelandse Sake geword. In dié hoedanigheid het hy Londen besoek en deelgeneem aan die State-bondskonferensie. Hy het in 1954 afgetree en sy laaste jare gewy aan die skryf van 'n boek oor sy werk vir die Afrikanerdom en sy politieke sieninge. Oorlede op 7 Februarie 1959.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Malan, Charles Wynand
Volgende onderwerp: Malan, Francois Stephanus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:02:31 MGT 2024