Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Malan, Charles Wynand
Malan, Charles Wynand [boodskap #122849] Do, 27 Desember 2018 06:08
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Charles Wynand Malan was 'n kabinetslid. In 1884 in die Paarl gebore. Begin op baie vroeë ouderdom belang stel in die politiek. Sy broer was F.S. Malan en sy vader die plaaslike voorsitter van die Afrikanerbond. Bekwaam hom as prokureur en begin met praktyk op Humansdorp. As 'n volgeling van generaal Hertzog (byna van die begin van die Nasionale Party af) word hy in 1915 Parlementslid en later Minister van Spoorweë in die eerste Hertzog-Kabinet. Hy was 'n besonder bekwame administrateur. Hy is in 1933 skielik oorlede op die ouderdom van 49 jaar.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Malan, Groep-Kaptein Adolf Gysbert
Volgende onderwerp: Malan, Dr. Daniel Francois
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:21:09 MGT 2024