Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Malan, Groep-Kaptein Adolf Gysbert (Sailor Malan)
Malan, Groep-Kaptein Adolf Gysbert [boodskap #122848] Do, 27 Desember 2018 06:06
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Groep-Kaptein ('Sailor') Adolf Gysbert Malan was 'n Suid-Afrikaanse vlieënier. Op 3 Oktober 1910 op Wellington, Kaapland, gebore. Nadat hy diens gedoen het op die opleidingskip, Generaal Botha, was hy tot 1936 verbonde aan die Union-Castle-redery. Gedurende die depressie is hy verplaas na die Britse Lugmag waar hy internasionale roem verwerf het. 'Sailor' Malan was een van die hoof bevelvoerders van die gevegsmag in die 'Battle of Britain' in September 1940. Na sy terugkeer na Suid-Afrika werk hy vir oudweermagmanne en in 1951 beklee hy 'n pos in die Oorlogveterane se "Torch Commando". Oorlogstydse ontberings het sy gesondheid ondermyn en hy is op 17 September 1963 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Makwassie
Volgende onderwerp: Malan, Charles Wynand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 20:42:55 MGT 2024