Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Makapansgat
Makapansgat [boodskap #122843] Wo, 26 Desember 2018 17:19
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Makapansgat is 'n grot naby Potgietersrus, Noord-Transvaal, wat deur hoofman Mokopane (Makapan) as wegkruipplek gebruik is tydens sy oorloë teen die Boere. Nadat hy in 1854 'n groep Boere onder kommandant Hermanus Potgieter vermoor het (sien Moorddrift), is 'n strafekspedisie deur die toekomstige president Paul Kruger teen hom op tou gesit en is feitlik die hele stam na 'n beleg van 25 dae uitgewis.

Die grot is ook van argeologiese en paleontologiese belang. Die aapmens (Australopithecus africanus) wat sowat 3,03 tot 2,04 miljoen jaar gelede geleef het is hier gevind.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Makana
Volgende onderwerp: Makatini-Vlakte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:00:54 MGT 2024