Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Makana
Makana [boodskap #122842] Wo, 26 Desember 2018 17:18
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Makana was 'n profeet en leier van die Xhosavolk. Teen die einde van die 18de eeu gebore, seun van Balala. Van betreklike lae stand maar deur sy persoonlikheid en sy leerstellings (nie amptelik 'n Christen nie, maar erken die bestaan van God) het hy daarin geslaag om groot gesag oor die Xhosas uit te oefen. Hy lui ook die gebruik in om dooies te begrawe. Hy was aan die blankes bekend as Links, aangesien hy linkshandig was. Hy ondersteun die saak van Ndlambe, stuur aan hom 'n groot aantal krygsmanne en help in 1819 om die aanval op Grahamstad aan te voer. Nadat hy verslaan is, het hy oorgegee aan landdros (later sir Andries) Stockenstroom en is vir internering na Robbeneiland gestuur. Op 9 Augustus 1820 het hy probeer ontsnap, maar verdrink in die see. Sy invloed was so sterk dat die Xhosas meer as 50 jaar lank geweier het om te glo dat hy regtig dood was.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Majoeba
Volgende onderwerp: Makapansgat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:58:31 MGT 2024