Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Maguire, James Rochfort
Maguire, James Rochfort [boodskap #122832] Wo, 26 Desember 2018 12:26
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
James Rochfort Maguire was 'n Zimbabwiese (Rhodesiese) pionier. In 1855 in Engeland gebore. Ontvang opleiding aan Oxford, waar hy vir Cecil John Rhodes leer ken. Later kom hy na Suid-Afrika en saam met C.D. Rudd speel hy 'n leidende rol in die verkryging van die konsessie van Lobengula. Hy bly 'n intieme vriend van Rhodes en dra by tot die stigting van die Chartered Company as lid van die Raad en van sy belangrikste filiaalmaatskappye. In Zimbabwe (Rhodesiƫ) spesialiseer hy in spoorweg-konstruksie. Oorlede in 1925.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Magersfontein
Volgende onderwerp: Magut
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 17:42:56 MGT 2024