Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Mafeking
Mafeking [boodskap #122828] Wo, 26 Desember 2018 11:11
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Mafeking is 'n dorp in Noord-Kaapland; oorspronklik 'n kraal van die Barolong-stam, wat dit sy naam gegee het. Dit beteken "Tussen die Klippe". Dit word 'n blanke nedersetting nadat die land beset is deur die magte van sir Charles Warren in 1884. Afgesien van sy belangrikheid as 'n administratiewe sentrum, het Mafeking wêreldbekendheid verwerf met die suksesvolle verdediging daarvan deur generaal sir Robert (later lord) Baden-Powell in die Tweede Vryheidsoorlog. Die Boere het die dorp van 16 Oktober 1899 tot 17 Mei 1900 beleër en die tonele van blydskap wat met sy ontset gepaard gegaan het, het 'n nuwe begrip in die Engelse taal laat ontstaan, naamlik 'to Maffick'. Mafeking is vandag 'n belangrike melk- en bees-boerderydistrik. Tot 1961 was die 'Imperial Reserve' op Mafeking die administratiewe hoofstad van die Betsjoeanalandse Protektoraat - die enigste hoofstad in die wêreld wat buite sy land geleë was. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 8,279 (4,159 Blankes). Sien Gaberones.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Madeliefie
Volgende onderwerp: Mafeteng
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:20:04 MGT 2024