Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Madeliefie (Compositae)
Madeliefie [boodskap #122827] Wo, 26 Desember 2018 11:07
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Madeliefies
Madeliefies
Die Madeliefie (Compositae) is 'n groot familie blomplante met ongeveer 10,000 spesies in die wêreld, derhalwe sal slegs 'n paar Suid-Afrikaanse tipes genoem kan word. Die blomhoofde van klein blomblaartjies word omring deur 'n omhulsel van een of meer rye skutblare. Die saad word uitgestrooi deur 'n veeragtige haarkroon. Byna al die plante van hierdie familie is bitter of vrank, bv. sigorei. Sommige het net buisagtige blommetjies bv. sewejaartjies (Helichrysum en Phaenocoma), Pentzia en Athanasia dentaia. Sommige, soos die suidissel (Sonchus) het net plat, straalagtige blommetjies (genoem tongvormig). Die meeste het albei soorte blommetjies (genaamd straalvormig). Hieronder sorteer die botterblom (Gazania), met sy lang, los, oranje en geel kroonblare; wit botterblom (Dimorphotheca), 'n muurplant met donker hartjie in groot wit blomme; gousblom (Arctotis), donker hartjie en groot strale; die veelkleurige Barbertonse madeliefie (Gerbera); die delikate aster of sterblom; en die verskeie soorte Senecio met hulle wydgeplaasde blommetjies.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Madeley, Walter Bayley
Volgende onderwerp: Mafeking
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 15:54:39 MGT 2024