Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Madeley, Walter Bayley
Madeley, Walter Bayley [boodskap #122826] Wo, 26 Desember 2018 10:59
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Walter Bayley Madeley was 'n leier van die Arbeidersparty en 'n kabinetsminister. In 1873 in Woolwich, Engeland, gebore, en ontvang onderwys in Indië, waar sy vader as soldaat gestasioneer was. In 1889 word hy vakleerling by die Woolwich-arsenaal en kom in 1896 as gekwalifiseerde passer na Kimberley. Hy tree op die voorgrond tydens die mynwerkerstaking aan die Rand en word Arbeider-parlementslid vir Benoni. Van 1925 tot 1928 was hy Minister van Pos- en Telegraafwese en van Openbare Werke in die Hertzog-Kabinet onder die "Pakt" van die Nasionaliste met die Arbeiders. Het opspraak verwek met sy teenkanting teen outomatiese telefone wat volgens hom arbeiders sou vervang. Oorlede in 1947.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Macuse
Volgende onderwerp: Madeliefie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 11:16:00 MGT 2024