Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Macowen, Professor Peter
Macowen, Professor Peter [boodskap #122824] Wo, 26 Desember 2018 10:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Professor Peter Macowen was 'n Suid-Afrikaanse plantkundige. In 1830 in Hull, Engeland, gebore. Was eers onderwyser en spesialiseer toe in botanie. Kom om gesondheidsredes in 1861 na Suid-Afrika en vestig hom in Grahamstad. Later doseer hy in die wetenskap aan Gill-Kollege, Somerset-Oos, en in 1881 word hy direkteur van die Kaapstadse Botaniese Tuine, asook kurator van die Herbarium van die Kaapse regering en professor in Botanie aan die South African College. Hy het internasionale erkenning verwerf, veral op die gebied van Ekonomiese Botanie. Oorlede in 1909.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: MacMahon-Toekenning
Volgende onderwerp: Macuse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:44:38 MGT 2024