Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Machado, General Sir Jorge
Machado, General Sir Jorge [boodskap #122814] Wo, 26 Desember 2018 10:41
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
General Sir Jorge Machado was 'n Portuguese ingenieur en Goewerneur-generaal van Mosambiek. Hy tree in 1880 die eerste keer op die voorgrond toe hy Pretoria besoek het in verband met die bou van die oorspronklike spoorlyn van Mosambiek na Transvaal onder die McMurdo-konsessie. Hy speel 'n leidende rol in die opmeting van die roete wat oplaas deur die Nederlandse-Suid-Afrikaanse Spoorwegmaatskappy gebruik is. Ter ere van hom is 'n Oos-Transvaalse dorp, Machadadorp genoem. Machado self was tydens die Tweede Vryheidsoorlog Goewerneur-generaal van die Provinsie van Mosambiek waar hy 'n pro-Britse beleid gevolg het. Hiervoor is hy op die Britse Koning se verjaarsdag in 1902 as K.C.M.G. tot ridder geslaan. Oorlede 1925.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Machadadorp
Volgende onderwerp: Machilla
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 08:41:41 MGT 2024