Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Machadadorp
Machadadorp [boodskap #122813] Wo, 26 Desember 2018 10:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Machadadorp is 'n dorp in Oos-Transvaal op die hoofspoorlyn na Lourenco Marques. In 189S gestig toe die spoorlyn gebou is en vernoem na die Portugese generaal J.J. Machado, wat 'n rol gespeel het in die verwesenliking van die projek. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog was Machadodorp die setel van die Regering van die Republiek na die ontruiming van Pretoria, van 30 Mei tot 27 Augustus 1900. Verskeie gevegte het daar plaasgevind. Meer onlangs het die warmwaterbronne daar van dié dorp 'n gesondheidsoord gemaak. Bevolking teen die middel van die 20ste eeu: 1,786 (650 Blankes).

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: McGregor
Volgende onderwerp: Machado, General Sir Jorge
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:01:29 MGT 2024