Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Macdonald, Sir Hector Archibald
Macdonald, Sir Hector Archibald [boodskap #122809] Wo, 26 Desember 2018 09:42
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Hector Archibald Macdonald was 'n Britse soldaat. In 1853 in Skotland gebore en sluit op 17-jarige ouderdom by die Gordon Highlanders aan as 'n manskap. Hy onderskei homself in Indië waar hy tot tweede luitenant bevorder is, en verwerf verdere roem met sy dapperheid in 1881 by Majoeba. Ná hy diens gedoen het in Egipte en die Soedan word hy bevorder tot Generaal-majoor en word in 1900 na die uitbreek van die oorlog na Suid-Afrika gestuur. Een van sy suksesse was die voorbereiding tot die ontset van Kimberley en die gevegte wat gelei het tot die oorgawe van generaal Cronje by Paardeberg en van generaal Prinsloo by Tabaksberg. Hy keer na Indië terug, maar word die slagoffer van lasterlike beskuldigings en pleeg 1903 in Parys selfmoord.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: McCubbin, Kaptein George Reynolds, D.S.O
Volgende onderwerp: MacDonald, James Ramsay
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 14:30:31 MGT 2024