Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » McCorkindale, Alexander
McCorkindale, Alexander [boodskap #122807] Wo, 26 Desember 2018 09:39
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Alexander McCorkindale was 'n Skotse konsessionaris en pionier van Oos-Transvaal. Hy kom in die jare 1850 na Suid-Afrika en was 'n bekende jagter. In 1864 het hy die Volksraad in Pretoria genader met 'n skema vir die stigting van 'n nedersetting in Oos-Transvaal. In ruil hiervoor het hy aangebied om die Regering van posseëls, ammunisie en bankgeriewe te voorsien. 'n Gebied van nagenoeg 500,000 acres is aan hom toegestaan. Dit het hy probeer ontwikkel met 'n maatskappy in Glasgow. Planne is opgestel vir die stigting van 'n nedersetting bekend as New Scotland met 'n dorpie, Roburnia, (na Robert Burns vernoem) as sy hoofstad. Die skema het misluk, maar 'n sekere aantal setlaars het in werklikheid na Transvaal gekom. Roburnia het behoue gebly en is vandag bekend as Amsterdam. McCorkindale is in 1871 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: McCaw, Terence
Volgende onderwerp: McCubbin, Kaptein George Reynolds, D.S.O
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 16:59:20 MGT 2024