Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Macartney, George, Eerste Graaf
Macartney, George, Eerste Graaf [boodskap #122805] Wo, 26 Desember 2018 09:35
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
George Macartney was die Goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop; op 14 Mei 1737 in Lissanoore, distrik Antrim, Ierland, gebore. In 1796 word Macartney die eerste gewone burgerlike Goewerneur en bly dit tot 1798. Waar hy met republikeinsgesinde koloniste te doen gekry het, was hy geneig om streng op te tree, maar hy het gehelp om blywende verbeterings aan te bring soos die stigting van 'n poskantoor. Hy het in 1798 afgetree en is in 1806 in Ierland oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: McCann, Kardinaal Owen
Volgende onderwerp: McCaw, Terence
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 12:20:29 MGT 2024