Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Maasdorp, Sir Andries Ferdinand Stockenstroom
Maasdorp, Sir Andries Ferdinand Stockenstroom [boodskap #122799] Wo, 26 Desember 2018 09:25
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Sir Andries Ferdinand Stockenstroom Maasdorp was die hoofregter van die Oranjerivierkolonie. Op 14 Januarie 1847 op Malmesbury in Kaapland gebore en ontvang opleiding op Graaff-Reinet en in Londen, waar hy die B.A.-graad in 1869 verwerf. Hy word in 1871 toegeaat tot die Inner Temple, keer terug na die Kaap en begin met sy praktyk. Van 1874 tot 1878 verteenwoordig hy Graaff-Reinet in die Kaapse Parlement. Daarna word hy aangestel as Solisiteur-generaal op Grahamstad. Hy het ook sy winsgewende praktyk voortgesit totdat hy in 1897 tot die Transvaalse balie toegelaat is. Kort voor die Tweede Vryheidsoorlog keer hy terug na sy praktyk op Grahamstad, en in 1900 word hy lid van die spesiale Hoogverraadhof van die Kaapkolonie. In 1902 is hy aangestel as Hoofregeter van die Oranjerivierkolonie. In 1919 tree hy af en is op 18 Maart 1931 op Rondebosch oorlede. Sy Institutes of South African Law, wat vier boekdele beslaan, is nog 'n standaardwerk.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Maasbanker
Volgende onderwerp: Maasdorp, Christian George
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 18:10:11 MGT 2024