Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Maputo (Lourenço Marques)
Maputo [boodskap #122793] Di, 25 Desember 2018 19:29
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Maputo is die hoofstad van Mosambiek. Voor 1976 het dit as Lourenço Marques bekend gestaan. Dit is aan die kus van Delagoabaai geleë en naby die mond van die Espirito Santo-rivier. Aanvanklik vernoem na 'n vroeë Portugese handelaar, Lourenco Marques.

Soos ook die geval met Kaapstad, is dit oorspronklik gebruik as 'n verversingspos vir skepe op reis tussen die Verre Ooste en Europa. Die eerste poging tot permanente vestiging is in 1721 aangewend toe 'n Hollandse ekspedisie van die Kaap 'n handelspos by Catembe opgerig het. Ongeveer 50 jaar later is daar met 'n Oostenrykse handelsfabriek begin. Na 'n bestaan van 10 jaar is dit verwoes deur 'n Portugese mag wat van Goa af gestuur is, en Lourenco Marques het so ontstaan.

Dit was jare lank een van die ongesondste nedersettings in Afrika vanweë sy slegte klimaat, berug vir koors en was buitendien baie blootgestel aan aanvalle. Nadat die aansprake van verskeie volke afgehandel is (sien Delagoabaai) het die gemeenskap eers werklik begin groei. Dit is gestimuleer deur die bou van die eerste spoorlyn na Transvaal in 1894. Die Transvaalse grens is slegs 55 myl daarvandaan.

Sedert die voltooiing van die spoorlyn na Pretoria in 1895 dra dit 'n toenemende deel van die verkeer van die Witwatersrandse goudveld en word Maputo vandag beskou as een van die belangrike hawens van Suidelike Afrika. Vanweë sy nabyheid aan Johannesburg, nader as wat Durban van Johannesburg af is, het dit nog altyd oor 'n groot aantal Suid-Afrikaanse handelsake beskik. Daar is 'n aantal fabriekesnywerhede en sy hawe is bekend vir sy moderne en doeltreffende toerusting, insluitend sy steenkool-laaitoerusting. Heelparty spoorlyne is van Maputo af na ander eindpunte gebou. Dit sluit in na die grens van Swaziland by Goba in 1912 (nou verleng na die ystermyne), na Xinavane in 1914, na Marracuene en later na Zimbabwe (Rhodesië) waarmee dit nou regstreeks verbind is.

Maputo is 'n gewilde vakansie-oord vir Suid-Afrikaners. Die bekende LM Radio het op 'n tyd van daar na Suid-Afrika uitgesaai.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lyttelton, Generaal Sir Neville Gerald
Volgende onderwerp: Maagbom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 19:26:50 MGT 2024