Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lyttelton, Generaal Sir Neville Gerald
Lyttelton, Generaal Sir Neville Gerald [boodskap #122792] Di, 25 Desember 2018 19:13
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal Sir Neville Gerald Lyttelton was 'n Britse soldaat. In 1845 in Worcestershire, Engeland, gebore. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het hy bevel gevoer oor die Fourth Brigade (2de en 4de Divisie) in Natal, by Spioenkop en elders. In Transvaal het Lyttelton langs die Delagoabaai-spoorlyn en in Lydenburg by Helvetia geveg. Van 1902 tot 1904 was hy opperbevelhebber van die Britse magte in Suid-Afrika en keer terug om hoof van die Generale Staf (1904-08) te word. Oorlede in 1931.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lyttelton, Alfred
Volgende onderwerp: Maputo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 13:42:21 MGT 2024