Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Luthuli, Hoofman Albert John
Luthuli, Hoofman Albert John [boodskap #122787] Di, 25 Desember 2018 16:54
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Hoofman Albert John Luthuli was 'n Bantoeleier en Nobelpryswenner. 'n Zoeloe; in 1898 op Groutville, Natal, gebore. Ontvang opleiding aan Adams-kollege en bekwaam homself as onderwyser. Hy dien op die Naturelle-verteenwoordigersraad totdat dit in 1946 afgeskaf is. Hy word president van die African National Congress. Sy verset teen die Suid-Afrikaanse Regering en sy aandeel in die openbare vernietiging van passe na die oproerigheid by Sharpville het daartoe gelei dat hy ingeperk is by sy huis naby Stanger, Natal. In 1961 het die Sweedse owerheid hom genomineer vir die Nobel-Vredesprys wat hy dan ook in dieselfde jaar in ontvangs geneem het. Hy is in 1962 verkies tot rektor van die Universiteit van Glasgow.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Lusikisiki
Volgende onderwerp: Lydenburg
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 09:11:29 MGT 2024