Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Lukin, Generaal-Majoor Sir Henry Timson
Lukin, Generaal-Majoor Sir Henry Timson [boodskap #122781] Di, 25 Desember 2018 16:48
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Generaal-Majoor Sir Henry Timson Lukin was 'n Suid-Afrikaanse soldaat. In 1860 in Londen gebore. Hy kom in 1879 na Suid-Afrika waar hy in die Zoeloe-oorlog veg. Na 'n kort besoek aan Engeland keer hy in 1880 terug en sluit as luitenant aan by die Cape Mounted Rifles. Hy veg in Basoetoland, bly jare lank in Oos-Kaapland en neem deel aan die krygsverrigtinge teen hoofman Galishwe in Betsjoeanaland en aan die Langebergveldtog van 1897. Tydens die Tweede Vryheidsoorlog voer hy bevel oor die artillerie in die Koloniale-afdeling en neem deel aan die beleg van Wepener en talle ander gevegte. Dit besorg hom sy bevordering tot luitenant-kolonel en die D.S.O. Na die oorlog word hy Kolonel in Bevel van die Cape Mounted Rifles en later Kommandant-generaal van die Koloniale Magte in die Kaap. In 1911 woon hy die kroningsplegtigheid van Koning George V by en met die stigting van die Unie-Verdedigingsmag in 1912 word hy aangestel as Inspekteur-generaal. Tydens die Eerste Wêreldoorlog veg hy in Duits-Suidwes-Afrika (nou Namibië) en Egipte. In Frankryk was hy in bevel van die Suid-Afrikaanse magte by Delville Woud en doen gasvergiftiging op. Hy word bevorder tot Generaal-majoor en is in 1925 oorlede.

Bron: Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Luislang
Volgende onderwerp: Lumbo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 10:29:27 MGT 2024